Atlete maak geskiedenis

Atlete maak geskiedenis

’n Rekordaantal atlete van die Hoër Meisieskool Oranje is in die Vrystaatspan ingesluit vir die Nasionale Hoërskole-kampioenskappe later vandeesmaand. Veertien Oranjeniete bevind hulle in die span wat van 19 tot 21 Maart in Boksburg meeding. In 2017 en 2019 het Oranje...
OMS naasbeste atletiekskool in VS

OMS naasbeste atletiekskool in VS

Die Hoër Meisieskool Oranje se atlete het ’n algehele tweede plek en vier nuwe rekords op die Vrystaat hoërskole-kampioenskappe vermag. Oranje het die naweek in Sasolburg die naasmeeste goue medaljes van die 201 deelnemende skole verower. Daar was 20 goues, 8 silwer...
Vierde rekord vir Oranje se Charné

Vierde rekord vir Oranje se Charné

Nog ’n byeenkoms, nóg ’n rekord vir die Hoër Meisieskool Oranje se naelloopsensasie, Charné Wansbury. Dié 14-jarige het Vrydag op die Hoërskool Sentraal se Top 20-byeenkoms in die Mangaung-stadion die 100m vir meisies o.15 in ’n rekordtyd van 12.04 afgeblits. Die...
Germarie en aflosspan skitter in PTA

Germarie en aflosspan skitter in PTA

Oranje se ster hekkiesloper Germarie Spershott het van Affies se uitnodigingsbyeenkoms in Pretoria met ’n trofee teruggekeer. Die gr. 9-leerder is Vrydagaand gekroon as die byeenkoms se beste hekkiesatleet vir meisies. Dít danksy haar blitsige tyd in die 300m vir...
Germarie blits rekord kaf

Germarie blits rekord kaf

Germarie Spershott, 14-jarige sneltrein van Oranje, het Saterdag ’n nuwe rekord op Atletiek Suid-Afrika se sub-jeug interprovinsiale byeenkoms op Sasolburg opgestel. Germarie het die eindronde van die 300m-hekkies in 42.89 afgeblits en sodoende die o.15-...