Die tema van die Hoër Meisieskool Oranje vir 2018 was Groei – geloof, respek, omgee, eenheid en inisiatief.
Elke leerder het groei doelbewus nagestreef. Groei in selfkennis, nuwe vaardighede en verhoudings. Die leerders het inisiatief geneem en ’n mens met nuwe oë na dinge laat kyk. Hulle het geleenthede aangegryp en uitgereik na gemeenskappe in Bloemfontein.

Die graad 12’s het uitstekend presteer. Buiten die akademiese uitmuntenheid was daar ook besonderse prestasies op sport- en kultuurgebied vermag:
Swem:
– 2 Swemmers ingesluit in die SA Opewater-span;
– 5 swemmers neem deel aan SA Junior Nasionale Kampioenskap;
9 Swemmers verteenwoordig die Vrystaat.
Tennis:
3 spelers verteenwoordig Suid-Afrika by die Afrika Junior Kampioenskap;
1 speler verteenwoordig Suid-Afrika by die Internasionale Junior klubuitdaagtoernooi;
7 Spelers verteenwoordig die Vrystaat.
Hokkie:
Die eerste hokkiespan is vir die 6de jaar die topspan volgens die amptelike skoleranglys;
6 Suid-Afrikaanse spelers in verskeie ouderdomsgroepe.
Netbal:
7 spelers is in hulle verskillende ouederdomsgroep in die Top 35-spelers aangewys;
4 spelers is vir hul onderskeie Suid-Afrikaanse span gekies;
Oranje wen 13 liga’s in die Bloemfontein-liga.
Atletiek:
10 atlete verteenwoordig die Vrystaat op die nasionale Kampioenskap.
Skaak:
4 Vrystaat-spelers
Redenaars:
2 nasionale wenners in Afrikaans en 1 in Engels in Oppietong-kompetisie.
Debat:
1 junior en 1 senior debatspan ding op die Nasionale ATKV-debatkompetisie mee.
Koor:
Verower ‘n silwermedalje by die Wêreldbekerspele.

Vyf leerders – Luané Spamer, Eamónn Scholtz, Celine Kotzé, Isabella le Roux en Dané Redpath – het onder die top 50 akademiese slimkoppe in die Vrystaat geëindig.