Met die matriekklas van 2019 wat sulke puik akademiese punte behaal het, het dié jaargroep bygedra tot nóg ’n eerste vir Oranje:
* Die nege leerders in die top-50 in die Vrystaat in die 2019-eksamen is die eerste keer wat Oranje soveel toppresteerders oplewer.
* Die meerderheid hoofrolle in Oranje se heel eerste musiekblyspel, Annie, in 2019 was deur matrieks vertolk.
* Oranje se eerste netbalspan is die eerste keer sedert die ontstaan van die kompetisie in 1984 as Vrystaat-kampioen gekroon. Die meerderheid van die spanlede was matrieks.
* Die vier finaliste in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie (sedert 1981) was die meeste ooit deur ’n enkele skool en dus ook die meeste vir OMS.