Nege mensedokters en een dieredokter.
Dís waarmee die 2020-matriekklas van die Hoër Meisieskool Oranje oor ’n klompie jare kan spog.
Ses van die nege begin boonop hulle mediese studies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hulle is Bea Louw, Katia Geustyn, Ivanke van Jaarsveld, Jana Campbell, Roné Bresler en Carli Olivier.
Miné Janse van Rensburg (Wits), Jaden Henney (Maties) en Michelle Strydom (Tuks) is die ander drie voornemende dokters.
Corlia Venter gaan op haar beurt veeartsenykunde aan Tuks studeer.
Ook nege van 2019 se klas het verlede jaar medies begin studeer, boonop almal aan die UV.
Dié nege is Carmen Fichardt, Mandie de Wet, Bianca van der Vyver, Monique Davidson, Deanri Snyman, Gabriela von Eschwege, Tiané Theunissen, Mia Moolman en Carolyn van der Merwe.
Die tweede gewildste studiekeuse onder die 39 A-gemiddeldes is BRek wat deur Charlize Oosthuizen, Christi Dempers, Cora Groenewald en Lihani Goosen gevolg gaan word.
Drie van 2020 se klas – Annemé van Tonder, Flo Truter en Bianca Terblanche – gaan aktuariële wetenskap studeer.
Nog drie het op arbeidsterapie besluit, almal by Kovsies. Hulle is Carmi du Plessis, Anke Rheeder en Kayla Janse van Rensburg.
Uit die 39 gaan 14 hulle studies aan die Maties voortsit, 13 aan Kovsies, 4 aan die Noordwes-Universiteit, 2 aan Tuks en 1 gaan ’n internskap doen. Die ander 5 se keuses is Wits, Ikeys, Institute of Culinary Arts, Akademia en Open Window.
* Die ander toppresteerders se keuses is:
Celenté van Zyl: Megatroniese ingenieurswese
Shané Rabe: Megatroniese ingenieurswese
Elri Naudé: Management science (bemarking)
Anke Matthee: Bestuursrekeningkunde
Lehandri Robberts: Bestuursrekeningkunde
Truné Prinsloo: Fisioterapie
Rehanjo Swanepoel: Film Arts
Katie Reimers: Internskap (modeontwerp in 2022)
Sunique Boshoff: Forensiese rekeningkunde
Charlotte Doubell: Spraakterapie
Marguerite Venter: Sjef-kursus
Ebet Bouwer: Aptekerswese
Cara Taljaard: Copywriting
Lize Loots: Optometrie
Mikkela le Roux: Bedryfsielkunde
Hilda Olivier: Internasionale besigheid
Lienke Snyman: Dieetkunde
Mariet Eloff: Bedryfsingenieurswese
Grieta Brummer: Bedryfsingenieurswese