Reese Thomspson, ’n 16-jarige muurbalspeler van Oranje, het ’n derde plek in die Vrystaatse afdeling vir die Growthpoint nasionale kampioenskap vir seniors behaal. Die wenner van die toernooi voorverlede week in Bloemfontein het vir die eindronde in Pretoria gekwalifiseer.

Reese het in die halfeindronde teen die uiteindelike kampioen, Hayley Ward, met drie wedstryde teen een vasgeval. Reese, ‘n nuweling in Oranje, was verlede jaar die voorste dogters o.16-speler in die land en het saam met die SA-skolespan na Asië getoer.

Nog ’n Oranje-leerder, Kayla van Rooyen (ook gr. 10) het tiende geëindig as die naaswenner van die plaat-afdeling.

Reese Thompson