Agt Oranje-leerders het die Vrystaatspan na die nasionale tweekamp-kampioenskappe gehaal.
Hulle is vir die span gekies na afloop van die Vrystaatse kompetisie op 25 Februarie. Die SA’s vind op 21 Maart op Oudtshoorn plaas.
Die agt is Marianne du Plessis en Michelle Strydom (o.19), Lize-Marié Davidson (o.17), Miché Johns, Cara van der Bijl, Anieke Helmand, Anina Groenewald en Lané van Rooyen (o.15).
Miché (2 272 punte) was die wenner in die o.15-afdeling gevolg deur haar goeie vriend, Cara van der Bijl met 2 233 punte. Hoe vinniger die afstande gehardloop (1km) en geswem (100m) word, hoe meer punte word verdien.
Anieke Helmand (2 174) was derde, Anina Groenewald (2 167) vierde en Lané van Rooyen (1947) sesde, net twee punte meer as Tanél Troskie (1945) wat sewende was. Miché het die afstand die vinnigste gehardloop in 3:22.07. Anieke was die vinnigste in die water (1:05.77).
Lize-Marié was die beste Oranjeniet in die o.17-afdeling met ’n derde plek. Sy het wel die skof in die water die vinnigste voltooi (1:06.93).
Marianne du Plessis het derde en Michelle Strydom vierde in die o.19-ouderdomsgroep klaargemaak.

Agt leerders aan die Hoër Meisieskool Oranje het die Vrystaatspan na die nasionale tweekamp-kampioenskappe gehaal. Van links is Lané van Rooyen, Anina Groenewald, Miché Johns, Cara van der Bijl, Anieke Helmand (almal o.15), Lize-Marié Davidson (o.17) en Marianne du Plessis (o.19). Afwesig: Michelle Strydom (o.19).