Oranje se atlete het verlede naweek op die Vrystaat-atletiekkampioenskappe vir 8 goue medaljes, 8 silwer en 7 brons gesorg.

Marliet Blom het eerste geëindig in sowel die 90m-hekkies en 300m-hekkies (o.16) en Johani van Tonder in die hoogspring en verspring (o.18).

Vanjaar se byeenkoms is weens Covid-19 aangepas. Atlete moes of in die o.16-ouderdomsgroep of in die o.18’s deelneem. Atlete wat reeds 18 jaar oud is, se byeenkoms vind op 27 Maart plaas.

* ’n Hele paar tye en plekke is aangepas van die oorspronklike uitslae en kan moontlik steeds weer verander.

Die medaljewenners is:
GOUD
Nadia Vorster (hoogspring, 1,60m)
Karla van der Westhuizen (verspring, 4,92m)
Marilet Bloem (90m-hekkies, 13,57) & (300m-hekkies, 44,43)
Roline Louw (400m, 59,94)
Johani van Tonder (driesprong, 12,24) & (verspring, 5,26m)
Germarie Spershott (400m-hekkies, 62,20)

SILWER
Amoray Weyers (verspring, 5,02m)
Cara Smith (90m-hekkies, 13,84) & (300m-hekkies, 46,84)
Diné le Roux (300m-hekkies, 47,17)
Anneke Dippenaar (spiesgooi, 35,48)
Germarie Spershott (100m-hekkies, 14,51)
Nécke Verster (400m, 61,27)
Charné Wansbury (200m, 26,14)

BRONS
Ané Janse van Vuuren (verspring, 5,01)
Carlé Stockenström (400m, 61,29) & (800m, 2:18,30)
Karla Victor (400m-hekkies, 73,42)
Anné Prinsloo (spiesgooi, 35,68)
Diné le Roux (90m-hekkies, 13,90)
Charné Wansbury (100m, 12,47)