AKADEMIE

 

Oranje het ’n uitstekende akademiese rekord.

Die skool het in 2019 die beste in die Vrystaat in die vakke Engels eerste addisionele taal, Afrikaans huistaal en Duits tweede addisionele taal presteer en die naasbeste in Wiskunde.
Oranje het op een na in al sy vakke in die top-10 in die provinsie geëindig.

Oranje presteer die beste in die Motheo-distrik in die vakke Rekeningkunde, Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal en Wiskunde.

Nege leerders (Benita Schoonwinkel, Elize Hoffman, Mandie de Wet, Monique Davidson, Gabriela von Eschwege, Talitha Heyns, Marizanne Strydom, Lize de Wet en Mia Pretorius) eindig in die top 50 in die Vrystaat (dis die meeste deur enige skool).

Sewe leerders (Talita Robbertse, Mia Moolman, Marizanne Strydom, Gabriela von Eschwege, Lise Bezuidenhoudt, Talitha Heyns en Lize de Wet) behaal 8 onderskeidings. Dis meer as enige ander skool in die Vrystaat. Slegs 15 leerders in die provinsie kon agt of meer onderskeidings vermag

Die gr. 12’s se uitslae in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen die laaste paar jaar lyk so:

Graad 12 2019 2018 2017 2016 2015 2014
Aantal kandidate 143 150 142 134 155 117
Slaagsyfer 100% 99.3% 100% 100% 100% 100%
Universiteitstoelating 91.6% 92.6% 92% 92.1% 94.6% 87.6%
A-gemiddeldes 26 27 29 33 31 24
Vakonderskeidings 273 293 279 292 283 283

* Vakkeuses by Oranje:
Gr. 8 en gr. 9:
– Taal, Geletterdheid en Kommunikasie
(Taal en Kommunikasie sal steeds Afrikaans, Engels en Duits Insluit).
– Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskap
– Natuurwetenskappe
– Menslike- en Sosiale Wetenskappe
– Kuns en Kultuur (Spraak en Drama, Kuns, Dans en Musiek)
– Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
– Lewensoriëntering
– Tegnologie
Alle Leerareas is verpligtend.

Gr. 10, gr. 11 en gr. 12:
—- Verpligte vakke
– Afrikaans (Huistaal) en Engels (Eerste Addisionele Taal)
– Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid
– Lewensoriëntering

—- Keusevakke —-
‘n Leerder kies een vak uit elke groep.
– Lewenswetenskappe
– Besigheidstudie
– Visuele Kuns

of

– Fisiese Wetenskappe
– Rekenaartoepassingstegnologie
– Dramatiese Kuns
– Verbruikerstudie
– Vakmusiek

of

– Rekeningkunde
– Duits (Tweede Addisionele Taal)
– Verbruikerstudie
– Geografie
– Vakmusiek

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Niel Theart):
E-pos: joostehuis@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 084-511-6263

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495