Alex Klopper (15) is vir die Suid-Afrikaanse o.17-skermspan gekies wat van 21 Februarie in Ghana aan die Afrika-kampioenskap gaan meeding.
Sy het haar egter aan die span onttrek weens haar toegewendheid teenoor vyfkamp. Sy neem binnekort vir die Vrystaat aan die Suid-Afrikaanse Laserrun-kampioenskap deel waar sy gaan probeer om haar titel te behou. Sy was verlede jaar se o.17-kampioen.
Alex beklee tans die derde plek op die ranglys vir o.17’s skermers in Suid-Afrika. Sy het reeds in 2019 haar junior Protea kleure verwerf toe sy op die Junior Afrika-kampioenskap in Algerië ’n bronsmedalje verower het. Dit was slegs een twee medaljes deur die Suid-Afrikaanse span in die drie wapenafdelings. Sy ding met die degen wapen mee.
Alex het Sondag in Kaapstad op die SA Kaap Ope-skermkompetisie nog ’n medalje tot haar trofeekas gevoeg toe sy eerste in die degen-afdeling vir o.17’s geëindig het.

Alex Klopper