Ané Janse van Vuuren, ’n gr. 9-leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje kan haar noem as die beste o.16-speler in meisieshokkie in Suid-Afrika in 2019.
Ané is aangewys as die Speler van die Toernooi én beste middelveldspeler na afloop van die interprovinsiale hokkietoernooi vir o.16’s in Pietermartizburg.
Sy en twee van haar Oranje-spanmaats wat lede van die Suid-Vrystaatse span was, Tuané van der Westhuizen en Nicóle le Roux, is vir ’n SA o.16-groep gekies. Almal is nou eers in gr. 9.
Nicóle se ouer suster, Mikkela, is verlede week vir die SA o.18A-span gekies (lees daaroor hier http://bit.ly/2N51c77).
Die Suid-Vrystaatse o.16-span was die naaswenner in Pietermaritzburg.
Benewens Ané, Tuané en Nicóle was Irmarie Buys, Zoë Erasmus, Marleze Hoffman, Elné Lourens en Leané McLaren lede van dié span wat deur Gys van Schalkwyk gebrei is. Hy is die afrigter van Oranje se o.16A’s.

Drie leerders van die Hoër Meisieskool Oranje, (van links) Tuané van der Westhuizen, Ané Janse van Vuuren en Nicóle le Roux, is vir ’n SA o.16-oefengroep gekies. Hulle was lede van die Suid-Vrystaatse o.16-span wat die naaswenner op die interprovinsiale toernooi was.