Skoolvakansie beteken vir baie leerders lekker leeglê en laat slaap, maar nie alle leerders aan die Hoër Meisieskool Oranje sal oor die volgende drie weke só gelukkig wees nie.
’n Handvol leerders sal plaaslike asook oorsee vir sport- en kultuuraktiwiteite reis. Hulle is:

Annica Smith (gr. 10) sal in Portugal aan ’n Wêreldkampioenskap vir dans deelneem en Jessica Opperman (gr. 8) aan ’n Wêreldkampioenskap vir disco in Praag.

Chrisli Markram (gr. 11) is gekeur om vir ses weke twee kursusse (in kreatiewe skryfwerk en toneelspel) aan die Arts Acedemy Interlochen in Amerika by te woon.

Drie dogters, Popi Senokoane (gr. 11), Emma Calitz en Mia de Jager (albei gr. 8) is lede van die Bloemfontein Kinderkoor wat na Engeland en Skotland toer. Die koor gaan aan verskeie optredes hê.

Nege leerders sal betrokke by Oranje se opvoering op die Reza de Wet-tienertoneelfees wees. Die toneelfees val saam met die Vrystaat Kunstefees. Die produksie Tyd.Saam deur me. Retha Pool is 2 Julie om 18:00 in die Albert Wessels-auditorium op die planke. Die akteurs is Kristen Fichardt, Katie Reimers, Hilda Olivier, Kiara Rademan en Thanya Venter.
Faron Faro, Rehanjo Swanepoel, Erick Strydom en Louiza Combrinck is agter die skerms betrokke.

Seventien netbalspelers sal reeds dié naweek vir die onderskeie Vrystaatse spanne op die All Ages-toernooi in Boksburg in aksie wees. Hulle is:
o.18: Bianca Pienaar.
o.17: Jana Meyer, Lisa Cronje en Carli Olivier.
o.16: Esmaré Pretorius, Janine Moolman, Eilir Lindeque en Katiso Ralepeli.
o.15: Zanelle Jansen van Rensburg, Lea Cronje en Simoné Terblanche.
o.14: Roline Louw, Mienke Delport, Khanyisile Dumane, Karla Victor, Karli van Heerden en Refiloe Lesedi.

Die swemmers Miché Johns (gr. 8) gaan na Slowenië saam met die SA opewaterswemspan (3km) en Chloë le Roux (gr. 9) sal in Frankryk in die 5km-opewaterswem haar slag wys.