– Deur Michelle Strydom
Seil jou skippie nog? Hou jy nog kop bo water?
Die VCSV-tema, “SHIPS”, herinner ons daaraan dat ons bestem is om ’n ligtoring te wees in die “friendSHIPS” wat in 2020 aan boord is. Hulle is nie per toeval in dieselfde bootjie as ons nie.
Dit beklemtoon ook die een “relationSHIP” wat ‘n ewige anker in ons onstuimige omstandighede sal bly: Dié met Jesus Christus. Ongeag ons vrese of diep waters, bly Hy die Een wat op water loop. Die Getroue God wat storms beveel om stil te word.
Miskien is dit nie Sy wil om nóú ons storms te laat bedaar nie, maar dis sonder twyfel Sy wil dat ons eenvoudig in Sy teenwoordigheid sal rus vind. Dat ons Hom sal toelaat om arende van ons te maak. Ribbokke.
Nou is die tyd om stil te wees en te weet Hy is ons Here: om te wandel in die vrede wat Hy vir ons nagelaat het.
Nou is die tyd om vas te hou aan die belofte dat geen hoogte of diepte ons van die liefde van God kan skei nie.

Die tema van die VCSV vanjaar is “Ships”, wat geleen is uit die engelse woorde relationships en friendships.