’n Interessante stryd kan Saterdagoggend op die netbalbaan wag wanneer Collegiate Girls’ High School van Port Elizabeth vir hul jaarlikste interskolestryd teen Oranje aantree.
Omrede Oranje se eerste netbalspan die naweek in Boksburg aan die nasionale skolekampioenskap meeding, sal sy tweede span teen Collegiate se eerste span te staan kom.
Dié wedstryd begin om 09:20. Oranje het verlede jaar se stryd met 41-20 gewen.
Oranje se eerste hokkiespan is wel op volle sterkte en kom teen ‘n Collegiate-span te staan wat tans volgens die skolehokkieranglys negende in Suid-Afrika is. Oranje beklee die eerste posisie.
Oranje het verlede jaar met 5-1 geseëvier. In 2017 was die telling 3-2 en in 2016 was dit 4-0. Al Oranje se A-spanne was verlede jaar op die hokkiebaan aan die wenkant.
Daar gaan ook in tennis en skaak meegeding word.
Van die vernaamste wedstryde en hul begintye is:
Netbal (Saterdag):
08:40: Collegiate o.14A t. OMS o.14B.
09:20: Collegiate o.18A t. OMS o.18B
10:00: Collegiate o.16A t. OMS o.15A
10:00: Collegiate o.18B t. OMS o.18C
Hokkie (Saterdag):
08:00: o.14A
09:00: o.16A
10:00: o.18B
11:00: o.18A
Oranje se eerste hokkiespan: Amori Roos, Elné Lourens, Tuané van der Westhuizen, Megan-Lee Myburgh, Mandie de Wet, Jané Britz, Mikkela le Roux, Elney Botha, Irmarie Buys, Sumari Janse van Rensburg, Ané Janse van Vuuren, Zoë Erasmus, Truné Prinsloo, Matilé Prinsloo, Roné Bresler, Miné Janse van Rensburg.
Oranje se tweede netbalspan: Wilma Crouse, Lara van Wyk, Elè Venter, Bianca van der Vyver, Megan van der Walt, Elandri Pulzone, Lize de Wet.

Oranje se eerste hokkiespan sal probeer om sy goeie vertoninglys die laaste paar jaar teen Collegiate Girls’ High School voort te sit.