Die Hoër Meisieskool Oranje se Chloë le Roux was net ses sekondes weg van ’n sege in haar ouderdomsgroep op die naweek se Nasionale Opewaterswemkampioenskap in Jeffreysbaai.
Sy het in die 3km vir swemmers 14 tot 15 jaar derde geëindig in ’n tyd van 40:48.52. Sy was ook die Vrystaat se beste presteerder onder die vroue. In die 11de plek was Miché Johns. Cara van der Bijl was 17de geplaas en Loraine van den Heever 27ste. Anri Nel het ’n 11de plek in haar ouderdomsgroep (17-18) behaal.
In Sondag (08/03) se 5km vir vroue 14 jaar en ouer (’n ope-afdeling) was Chloë 13de (van die 61 swemmers) uit die water en Sulinke van den Berg 20ste. Chloë was ook Oranje se beste presteerder op verlede maand se Midmarmyl waarin sy 12de in die ouderdomsgroep 14 tot 30 jaar klaargemaak het.

Die swemmers wat die Hoër Meisieskool Oranje by die Nasionale Opewaterswemkampioenskap verteenwoordig het, is van links Cara van der Bijl, Loraine van den Heever, Anri Nel, Chloë le Roux, Sulinke van den Berg en Miché Johns.