Annika Krause en Johani van Tonder was twee van die uitblinkers op Saterdag se HTS Louis Botha-byeenkoms.

Annika (o.17) het seges in die 400m, 800m en 1 500m behaal en Johani (o.17) in die verspring, hoogspring en driesprong.
Hulle twee was vir ses van Oranje se 15 eerste plekke verantwoordelik.

Roline Louw (o.15) het oorwinnings in die 200m en 400m agter haar naam geskryf.
Altesaam sestien atlete het deelgeneem.

Annika Krause