AKADEMIE
* Die matriekklas van 2020 het omtrent al wat ’n rekord in die eindeksamen vir die skool is, verbeter. Die 12 leerders in die top 50 in die Vrystaat (die meeste deur enige skool), is die meeste nóg vir Oranje. Die nege leerders met agt of meer onderskeidings (die meeste deur enige skool in die provinsie), is die meeste by Oranje in die laaste dekade. Die 390 vakonderskeidings en die 39 leerders wat ’n gemiddelde van 80% en meer behaal het, is albei gevalle die meeste in die laaste tien jaar. Die graad se slaagsyfer was 100%, die gemiddeld 72.3% en 97.22% het met universiteitvrystelling geslaag.
* Oranje was die bespresterende skool in die Vrystaat in 9 vakke in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen van 2020. Die nege vakke is Afrikaans Huistaal (gemiddeld 72.6%), Drama (75.6%), Duits (79.9%), Engels 1ste Addisionele Taal (75.3%), Engels Huistaal (75.3%), Kuns (78.2%), LO (88.9%), RTT (69.0%) en Wiskunde (73.2%).
* Oranje is 18de op die lys vir Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings (390); 6de in die land vir Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings per leerder; 10de nasionaal (Afrikaans en Engelse skole) vir die meeste onderskeidings in Wiskunde; 14de nasionaal vir die meeste Afrikaans Huistaal-onderskeidings.
* Oranje het in 10 vakke die eerste plek in die Motheo-distrik vir skole in die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen vermag. Die vakke is Drama, Wiskunde, Kuns, Engels 1ste Addisionele Taal, Engels Huistaal, RTT, LO, Duits, Musiek en Afrikaans Huistaal.
* Die top 3 akademiese presteerders vir die eerste kwartaal is:
gr. 12: 1. Chané Nel (97.6%); 2. Carmi van Niekerk (95.6%); 3. Suzanne Streicher (94.0%)
gr. 11: 1. Chrismie Smith (95.6%), 2. Marita Oosthuizen (95.0%), 3. Annemie Grobler (92.6%)
gr. 10: 1. Lara Potgieter (95.0%), 2. Heleen Hagemann (93.0%), 3. Janke Pretorius & Kayla Olivier (91.1%)
gr. 9: 1. Danelle Theron (92.6%); 2. Andriette Otto (92.2%); 3. Riané Strauss (90.4%)
gr. 8: 1. Denise Cilliers (95.2%); 2. Bea du Toit (91.0%); 3. Marlie van de Vyver (90.5%)
* Lianri Fourie het ’n eerste plek vir gr. 8-leerders in die provinsiale Nautilus Wiskunde-olimpiade behaal. Daar was sowat 700 leerders en 60 skole by die Olimpiade betrokke. Dis voorafgegaan deur ’n kursus in probleemgesentreede wiskunde.
MULTISPORT
* Danielle Joubert en Miché Johns is ingesluit in die nasionale tetrathlonspan van die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkampvereniging na die Junior Pentathlon-wêreldkampioenskappe in Egipte.
* Danielle Joubert het op die Vrystaatse Laser Run-kampioenskap in die o.17-afdeling koning gekraai. Donna was die o.15-kampioen. In die Vrystaat Tetrathlon-kampioenskap het Danielle ook met die louere weggestap in die o.17-afdeling.
* Sewe leerders, Michaela van Rooyen, Donna le Roux, Ezeth Esterhuizen, Lané van Rooyen, Danielle Joubert, Miché Johns en Anina Groenewald is in die Vrystaat Laser Run-span opgeneem.
* Danielle Joubert het die nasionale titel (vir o.17’s) in tetrathlon en Laser Run gebuit.
* Op die provinsiale biathle-kampioenskap het Donna le Roux 1ste geëindig in die o.15-afdeling. Miché Johns was op haar beurt 1ste vir meisies o.17. In die triathle was Donna weereens 1ste. Vir meisies o.17 was Danielle Joubert 1ste.
* Miché Johns, Lané van Rooyen en Danielle Joubert is in die nasionale Laser Run-span opgeneem na die Wêreldkampioenskappe in Egipte.
* Jessica Barnard, Donna le Roux, Michaela van Rooyen en Miché Johns is in die Vrystaatse biathle-span en Donna, Ezeth Esterhuizen, Anina Groenewald en Danielle Joubert in die triathle-span na die Nasionale kampioenskappe in George.
MUURMAL
Reese Thompson was die naaswenneer op die Suid-Afrikaanse Skole Geslote-muurbaltoernooi vir o.19-spelers. Die 17-jarige is tans die Vrystaat se beste o.19-speler. Dit was die jaar se tweede keuringstoernooi en slegs die voorste 28 spelers per ouderdomsgroep is genooi.
HOKKIE
* Drie oud-Oranjes, Mikkela le Roux, Saré Laubscher en Jacolene McLaren word vir die Suid-Afrikaanse o.21-hokkiespan gekies vir die Afrika Hokkie-kwalifiseringstoernooi in Ghana.
* Megan-Lee Myburgh, Ané Janse van Vuuren, Tuané van der Westhuizen, Nicóle le Roux en Leané McLaren is vir die Vrystaatse o.21-hokkiespan gekies wat in die Interprovinsiale o.21-toernooi sou speel.
ONDERWYSERS
* Drie nuwe onnies sluit hulle by Oranje aan. Juff. Bernadene van Wyk en Satu Reiman gaan Duits (tweede addisionele taal) onderrig. Oranje se nuwe drama-onnie is juf. Chanmari Erasmus, ’n oud-Oranje.
NETBAL
* Kailah Ferreira (matriek in 2018) het die Suid-Afrikaanse o.21-netbalspan verteenwoordig in ’n uitdaagreeks teen Uganda, Namibië en ’n SA Presidentspan.
* Die eerste netbalspan het ’n suksesvolle netbaltoer na die Noorde agter die rug waarin die span 12 van sy 13 wedstryde gewen het. Die enigste nederlaag – teen Helpmekaar Kollege – was boonop net met ’n enkele doel.
LEWENSREDDING
* Guilma Lausberg met ses eerste plekke, Anieke Helmand en Cara van der Bijl met drie elk het die kollig op hulle laat val op die Vrystaat Lewensredding-kampioenskappe.
* Cara van der Bijl, Anieke Helmand, Lana Loots, Miché Johns en Guilma Lausberg is vir die Vrystaat-lewensreddingspan gekies vir ’n Interprovinsiale kampioenskap in Durban.
HOOFDOGTER
* Hoofdogter Magé Troskie se gestroopte, opregte treffende uit-die-hart-boodskap op die Nuwelingsfunksie het mense se harte verower. Die video is deur nagenoeg 1 miljoen mense op sosiale media gekyk.
ATLETIEK
* Oranje se atlete het vir 8 goue medaljes, 8 silwer en 7 brons op die Vrystaat-atletiekkampioenskappe gesorg. Die goues is behaal deur Johani van Tonder (twee), Marliet Blom (twee), Nadia Vorster, Karla van der Westhuizen, Roline Louw en Germarie Spershott.
* Vir die tweede agtereenvolgende jaar is ’n rekordaantal van 14 Oranje-atlete in die Vrystaatspan opgeneem vir die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe.
* Oranje se atlete het met twee goue-, twee silwer- en twee bronsmeldajes van die Nasionale o.16-, o.18- en o.20-atletiekkampioenskappe in die Paarl teruggekeer. Johani van Tonder en Marilet Blom het eerste plekke behaal, Germarie Spershott en Carlé Stockenström het silwermedaljes verower. Germarie en Roline Louw het ook ’n bronsmedalje in die aflos vermag.
SWEM
* Lize-Marié Davidson het ’n 15de plek in die Midmarmyl vir vroue 14-30 jaar behaal. Haar tyd was 22:48. Sy was een van slegs 22 vroueswemmers (5 daarvan was 13 jaar en jonger) wat uitgenooi is weens Covid-19-regulasies.
* Die Vrystaatspan van tien lede na vir die Nasionale Opewaterswemkampioenskappe word oorheers deur Oranjeniete. Hulle is Cara Smook, Cara van der Bijl, Michaela van Rooyen, Miché Johns en Kayla Vorster.
* Miché Johns se 12de plek (ouderdomsgroep 15-16 jaar) en Michaela van Rooyen se 11de plek (13-14 jaar) was Oranje se beste presteerders op die Nasionale Opewaterswemkampioenskappe in Jeffreysbaai die naweek. Miché was ’n lid van die Vrystaatse A-span wat in die aflos (4 x 1.25 km) derde geëindig het.
* 11 Oranje-swemmers, meer as enige ander jaar in die laaste dekade, het vir die Junior en Senior Nasionale kampioenskappe gekwalifiseer. Kwalifiserende tye is wel vanjaar effens verslap. Die 11 is Francis Whelan, Nanette Jordaan, Francisca van Rooyen, Emma Terblanche, Anieke Helmand, Cara van der Bijl, Anandi Botha, Miché Johns, Danielle Joubert, Guilma Lausberg en Lize-Marié Davidson.
* Guilma Lausberg het vyf podiumplekke op die Senior Nasionale Swemkampioenskappe om haar nek gehang. Lize-Marié Davidson was in vier nommers eerste, Emma Terblanche in drie en Francisca van Rooyen in twee.
KARATE
* Charmari Steyn het op die Nasionale o.21-karatekampioenskappe in Secunda ‘n 3de plek in die in kumite-afdeling verower.
SKERM
* Alex Klopper het die hoogste ranglysposisie in Afrika en 39ste in die wêreld vir o.17’s ingeneem na afloop van die Wêreldkampioenskappe vir skerm in Egipte.
TENNIS
* Donna le Roux is die Suid-Afrikaanse o.14-tenniskampioen en Ansoné Theron op haar beurt die o.14-dubbelskampioen. Liné Greyling het die halfeindronde vir meisies o.18 op die junior nasionale kampioenskappe in Bloemfontein gehaal.
AFRIGTERS
* Oranje beskik in 2021 oor ’n voormalige Protea-netbalafrigter (Burta de Kock) en huidige Protea-speler (Sikholiwe Mdletshe). Daar is ook twee voormalige Protea-hokkiespelers onder die afrigters, Cornelle Holtzhausen en Tanya Britz.