Germarie Spershott, 14-jarige sneltrein van Oranje, het Saterdag ’n nuwe rekord op Atletiek Suid-Afrika se sub-jeug interprovinsiale byeenkoms op Sasolburg opgestel.

Germarie het die eindronde van die 300m-hekkies in 42.89 afgeblits en sodoende die o.15- byeenkomsrekord verbeter. In dieselfde wedloop het Alri Bosch ’n sesde plek behaal. Germarie was ook vyfde in die 90m-hekkies vir meisies o.15 en sewende in die spiesgooi (39.25m, o.15).

Ook op die baan het Charné Wansbury in die 100m vir o.15-atlete geskitter deur die wedloop in 12.38 te wen. Sy en Roline Louw (albei gr. 8 ) het na die eindronde van die 200m deurgedring, maar dit is weens reën afgelas.
In die velditems het Johani van Tonder in die driesprong (o.15) met ’n afstand van 12.10m geseëvier. Sy was die naaswenner in die verspring vir o.15’s met ’n sprong van 5.48m.

Germarie Spershott