Oranje se ster hekkiesloper Germarie Spershott het van Affies se uitnodigingsbyeenkoms in Pretoria met ’n trofee teruggekeer. Die gr. 9-leerder is Vrydagaand gekroon as die byeenkoms se beste hekkiesatleet vir meisies.

Dít danksy haar blitsige tyd in die 300m vir o.15’s wat sy in 45.44 s gewen het, drie en ’n half sekondes voor haar naaste teenstander. Sy was tweede in die 90m-hekkies.

Die naelloper Roline Louw (o.15) het drie plekke losgehardloop. Sy het eerste gekom in die 400m, tweede geëindig in die 200m en derde oor die eindstreep in die 100m gevorder. Alri Bosch (o.16) was derde in die 400m-hekkies en sesde in die 100m-hekkies. Cara Smith was die derde beste atleet in die 90m-hekkies (o.14) en sesde in die 300m-hekkies. Dié vier atlete het silwer vermag in die 100m-aflos vir o.16’s. Hulle was vierde in sowel die o.17- en o.19-aflos.

Van links is Alri, Cara, Germarie en Roline wat op die Affies-uitnodigingsbyeenkoms tweede was in die aflos vir o.16’s en vierde in die o.17 en en vierde in die o.19.