Sewe leerders van Oranje is in die Vrystaat Laserrun-span opgeneem.
Die span van 31 lede (hoër- en laerskole) ding op 28 Maart mee op die nasionale kampioenskap in Somerset-Wes.
Die sewe is Michaela van Rooyen, Donna le Roux, Ezeth Esterhuizen (almal gr. 8), Lané van Rooyen (gr. 9), Danielle Joubert, Miché Johns en Anina Groenewald (almal gr. 10).
Danielle het Saterdag op die Vrystaat-kampioenskap in die o.17-afdeling koning gekraai. Donna was die o.15-kampioen.
In Sondag se Vrystaat Tetrathlon-kampioenskap het Danielle ook met die louere weggestap in die o.17-afdeling. Lané was tweede en Miché derde. Hulle gaan al drie na die SA’s einde vandeesmaand, ook in Somerset-Wes.
Tetrathlon bestaan uit skerm, 200m swem, 3 x 800m hardloop tesame met laserpistoolskiet tussen elke ronde.

Danielle Joubert