Die Hatric Heroes het hulle naam gestand gedoen deur die helde van die Mattiebeker te wees.
Dié hokkietoernooi, wat na die vorige skoolhoof, juf. Mariehetta Matthee vernoem is, is Woensdag en Donderdag vir ’n vyfde keer beslis en is deur die Heroes gewen.

Vyf spanne is uit ’n mengsel van gr. 7 tot gr. 11 spelers saamgestel. Afrigters kon op spelers ’n “bot” indien, oftewel bie. Die kompetisie dien vermaamlik as talentidentifisering en gee ook aan die jonger spelers ’n geleentheid om saam met die seniors te speel en by hulle te leer.

Die wenspan is deur Cornelle Holtzhausen, ’n oud-Oranjeniet en gewese nasionale speler, afgerig.
Die Heroes het twee lede van vanjaar se eerste span, Elné Lourens en Ané Janse van Vuuren, in sy geledere gehad. Ané is as die Speler van die Toernooi aangewys.

Matilé Prinsloo was die beste verdediger, Mikkela le Roux die voorste middelveldspeler en Truné Prinsloo is as die beste doelskieter aangewys.

Die Hatric Heroes is van links, voor: Nina Schimper, Mia Prinsloo, Anna Blom, Anje van Pletzen en Gabby Pienaar; agter: Cornelle Holtzhausen, Elné Lourens, Ané Janse van Vuuren, Anzel van Zyl, Bianca Terblance, Germarie Spershott en Kayla Olivier.

Die individuele uitblinkers in die Mattiebeker is van links Truné Prinsloo (beste doelskieter), Matilé Prinsloo (beste verdediger), Mikkela le Roux (beste middelveldspeler) en Ané Janse van Vuuren (beste speler).