Charlize Visser, ‘n gr. 9-leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje hoop haar prysgeld sal genoeg wees om ’n lugversorger of -verkoeler in die skoolsaal te installeer.
Charlize het Vrydag verneem sy is vandeesmaand se wenner van Ofm se High 5@5. Daarin word ’n leerder van ’n skool maandeliks aangewys wat vier vrae korrek kan antwoord en ’n liedjie kan identifiseer.
Charlize het al vyf reg geantwoord in die vinnigste tyd (38 sekondes) van al die deelnemers. Daarmee wen sy R10 000 vir haar skool wat sy kan besluit hoe dit aangewend moet word.
“Ek wil hoor of ons die prysgeld kan gebruik om dalk ‘n lugversorger of lugverkoeler in die saal te sit. Dis nogal ’n duur storie, so ek hoop dit sal kan werk. Dit raak nogal warm in die saal in die somer. My klasmaats sê dis ‘n baie goeie idee, hulle sal baie daarvan hou,” sê Charlize wat onlangs haar pa in ‘n rally navigeer het. Lees daardie berig hier.
Haar vyf vrae was:
1. Wie was die eerste man op die maan?
2. Wat is Barack Obama se vrou se naam?
3. Waar het Prinses Diana verongeluk?
4) Spel die woord “vertaling”?
5) Die liedjie wat sy moes identifeer was ‘Dance some more’ deur Mango Grooves.

Charlize Visser