Mariet Eloff sal aanstaande jaar ’n tradisie by Oranje voortsit waarin ‘n leerder soos hulle ousus van vroeër die taak van ‘n huisleidster verrig.

Mariet, wat volgende jaar in gr. 12 is, is onlangs as onderhoofleidster van Brebner aangewys. Haar ouer suster, Dané, was ook Brebner se onderhoofleidster, in 2015. Dané was ook een van die skool se vier hoofleidsters. Volgende jaar se hoofleidsters word in ’n latere stadium gekies.

Wanneer leerders hulle by Oranje inskryf, word hulle in dieselfde sporthuis as ’n ouer gesinslid ingedeel wat ook op Oranje was.
Benewens die Eloff-sibbe was daar in die laaste klompie jare ook die Botha’s, Van Zyl’s, Smiths en Van Heerdens.
Liebe (2019) en Ruzaan (2017) was albei Otto se hoofleidsters.
Verlede jaar was Emma van Zyl Otto se hoof en Jeannie twee jaar vantevore die onderhoof.
Ook in 2018 was daar Margie Smith, die onderhoof van Fischer. Haar ouer suster, Carike, was in 2012 die hoof.
Marétha van Heerden (2016) en haar ouer suster (Nicola, 2015) was albei Fischer se onderhoofleidster.

Twee tannies van Flo Truter, volgende jaar se Brebner-hoofleidster, was ook albei hoofleidsters van Brebner; Evelyn Marais in 1993 en Rosa Marais in 2000.

Die huisleidsters vir 2020 is Flo Truter (hoof, Brebner), Mariet Eloff (onderhoof, Brebner), Katie Reimers (hoof, Boshoff), Miné Janse van Rensburg (onderhoof, Boshoff), Matilé Prinsloo (hoof, Fischer), Gina Moolman (onderhoof, Fischer), Jana Meyer (hoof, Otto) en Carli Olivier (onderhoof, Otto).

Fischer was vanjaar se ontvanger van die vaandel deur vier van die vyf afdelings te wen. Hy het ook die geesbeker verower. Daarmee het Fischer die dekade afgesluit as die suksesvolste sporthuis met vier titels (2012, 2013, 2016 en 2019), gevolg deur Otto met drie (2015, 2017 en 2018), Brebner twee (2010 en 2011) en Boshoff een (2014).
Fischer het vanjaar die ander sporthuise in atletiek, swem, akademie en herwinning ore aangesit. Otto het die meeste punte vir die blikkiesprojek verdien en was ook in die algehele tweede plek. Brebner was derde en Boshoff vierde.

Die leerders wat die meeste punte by die atletiek, gala en akademie versamel het, is:
Boshoff: Marjanell van Dyk (atletiek), Anina Groenewald (swem) en Ivanke van Jaarsveld (akademie).
Brebner: Enid Bezuidenhout (atletiek), Chloë le Roux (swem) en Gabriela von Eschwege (akademie).
Fischer: Miané Smit (atletiek), Anri Nel (swem) en Rehanjo Swanepoel (akademie).
Otto: Germarie Spershott (atletiek), Sulinke van den Berg (swem) en Chané Nel (akademie).

Die huisleidsters vir 2020 is van links Mariet Eloff (onderhoof, Brebner), Miné Janse van Rensburg (onderhoof, Boshoff), Matilé Prinsloo (hoof, Fischer), Jana Meyer (hoof, Otto), Flo Truter (hoof, Brebner), Katie Reimers (hoof, Boshoff) en Carli Olivier (onderhoof, Otto). Afwesig: Gina Moolman (onderhoof, Fischer).

Vanjaar se huisleidsters is van links Liebe Botha, Samantha Straw (albei Otto), Simonné Yssel, Rachél van Risjwijk (albei Boshoff), Elandri Pulzone, Michelle Radebe (albei Fischer), Enid Bezuidenhout en Erica Moolman (albei Brebner).