‘n Jarelange ideaal is Dinsdagaand by Oranje verwesenlik met die onthulling van die skool se spreiligte vir die netbalbane.
Dit was die eerste keer aangeskakel en in gebruik geneem tydens die aandreeks wat vir ’n eerste maal aangebied is. Daar kan nou op vier verligte bane geoefen en gespeel word.
Volgens juf. Corné Marais, netbalhoof, is die doel om die toernooi ’n jaarlikse instelling te maak wat aan afrigters vroeg in die seisoen slypkans bied.