Johané Janse van Rensburg, ’n gr. 10-leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje het skitterend op die rug van haar perd op ’n internasionale dressuurfees by Stokkiesdraai in Brits presteer.
Sy het die Dressuur Suid-Afrikaanse junior medium kampioenskapsklas gewen.
Daarbenewens was sy die junior medium victrix ludorum en die junior medium free style kampioen. Die beoordelaars, almal van die buiteland, het haar ’n gemiddelde van 68.5% toegeken.
Vroeër op ’n Dressuur Suid-Afrika kompetisie was sy ook die nasionale kampioen in die junior medium-afdeling. Ruiters in al nege provinsies word beoordeel waarna hulle volgens persentasiepunte plekke toegeken word.
Johané het ook die Vrystaatse afdeling van die kwalifiserende en kampioenskapsronde in die junior medium gewen.
Op dieselfde kampioenskap het Mia Janse van Rensburg (gr. 9) ’n eerste plek in die Pony Rider Medium-klas behaal.
Medium is die hoogste vlak waarop ’n ponieruiter kan meeding en ponieruiters moet jonger as 16 jaar oud wees. In die junior kwalifiserende ronde het sy ’n nasionale derde posisie behaal.

Johané Janse van Rensburg

Mia Janse van Rensburg