Drie Oranje-atlete het vir die tweede agtereenvolgende Saterdag nuwe byeenkomsrekords agter hulle name gekryf.
Die hekkiesloper Germarie Spershott, naelloper Charné Wansbury en driespronger Johani van Tonder se vorm is reeds vroeg in die seisoen aan die brand. Hulle was Saterdag op die JP Botha JF-byeenkoms op hulle stukke.
Germarie het in die 300m-hekkies vir o.15’s in ’n rekordtyd van 45.14 geseëvier. Sy was ook in die 90m-hekkies (13.67) eerste oor die eindstreep.
Charné Wansbury (o.15) was in die 200m baas in 25.52, die vinnigste nóg op die byeenkoms. Sy het ook ’n tweede goue medalje in die 100m (12.43) losgehardloop.
In die o.16-driesprong het die 15-jarige Johani van Tonder met ’n afstand van 11.90 geseëvier. Dit was die vyfde beste prestasie op die byeenkoms volgens die puntetabel. Dis net-net verder as die vorige Saterdag se 11.88m waarmee sy die Grey/OMS-byeenkomsrekord verbeter het.
’n Verdere agt eerste plekke is deur Oranjeniete vermag:
Alri Bosch (o.16, 400m-hekkies)
Magé Troskie (o.17, hoogspring)
Tammy Cloete (o.19, 800m en 400m)
Cora Groenewald (o.19, verspring)
Dorette Nel (o.19, 1 500m)
Marjanell van Dyk (o.19, diskusgooi)
Lienke Snyman (o.19, 3 000m)

Johani van Tonder