Net soos die geval aan die begin van die atletiekseisoen, was Oranje se atlete vroeg in die jaar al vuurwarm en het beïndruk met die tye en afstande wat Saterdag op die Motheo/Xhariep Sone 1-byeenkoms behaal is.

Drie Oranje-atlete wat in besonder indrukwekkend. Johani van Tonder, verlede jaar se o.15 nasionale kampioen in die driesprong met ’n afstand van 11.42m, het Saterdag ’n sprong van 11.76m vermag. Dit was die beste vertoning deur ’n dogter op die byeenkoms volgens die puntetabel.

Die naelloper Charné Wansbury, wat verlede jaar sesde op die SA’s in die 100m en 200m vir o.15’s was, het blitstye in die 200m (25.37) en 100m (12.48) gehardloop. Sy is nog vanjaar o.15.

Germarie Spershott (o.15) in die 300m-hekkies (44.72) en Zanelle Jansen van Rensburg (o.16, 400m, 65.25) het ook vinnige tye aangeteken.

Oranjeniete het 49 eerste plekke behaal.

Johani van Tonder