KULTUUR
Oranje is ‘n skool waarin die kultuurbedrywighede net so belangrik soos die sportbedrywighede is. Die veelsydigheid van aktiwiteite en die leerderdeelname is genoeg bewys hiervan.
Die volgende kultuuraktiwiteite word by Oranje aangebied:
— Con Spirito, die sanggroep, onder leiding van mnr. Stefan Buys.
— Debat onder leiding van mev. Renette van der Walt.
— Drama onder leiding van me. Chanmari Erasmus.
— Koor onder leiding van mnr. Stefan Buys en mev. Christine Hugo.
— Orkeste onder leiding van mnre. Heinrich Lategan en Piet Moolman.
— Redenaars onder leiding van mev. Naretha Swanepoel.
— VCSV onder leiding van mev. Carien James.
— Vooruit, die skoolkoerant, onder leiding van mnr. Ruan Bruwer, mev. Adéle Dempers en mev. Johanette Jacobs.