DIGKOMPETISIE
Leerders van Bloemfonteinse skole kan aan Oranje se jaarlikse digkompetisie deelneem. Elke jaar word daar onderwerpe verskaf en leerders moet dan ‘n Afrikaanse gedig inskryf.
Die beoordelaar is ook ‘n gesoute digter of skrywer. Wenners word tydens ‘n saalperiode aangekondig en ontvang prysgeld.
Daar is ‘n junior en senior afdeling. Die kompetisie vind gewoonlik in die derde kwartaal plaas.
– 2019 se drie wengedigte onder die seniors (almal Oranje-leerders):
Magé Trotskie se ‘Ek’s geneig’
Ek’s geneig om my woorde
in my snare te soek
maar met jou is alles anders
’n Tafel vir twee is in my hart geboek
Op die dansvloer gly jy na my
met jou reggop kraag en jou wilde kuif
Ek kon die vonke sien spat
soos ons spore perfek in mekaar trap
Ek’s geneig om te vinnig te val, te hard te val
vasgevang in jou
in jou blou oë, in jou liefde vir bo
In jou diep stem en hoe jy my altyd laat wen
Ek’s om oor my woorde te tuimel
om my note te vergeet
om te twyfel in dit wat ek weet
my ma noem dit ‘muisneste’
Maar diep binne, weet sy daardie gevoel is die beste
Ek’s geneig om te dagdroom
te verdwyn in die verte
te vloei saam met die stroom,
maar as ek droom, droom ek oor jou
En ek verdrink in die diepte van jou oë so blou
Kayla de Jager se ‘Weerkaatsing’
Met ken vasgeklem tussen my hande, haal asem
Leun ek op die tafel
Trek in, trek uit, kyk na my winter wasem
Heen en weer, besig om te redeneer, maar sy bly my ontglip
Trek my oë op skrefies, kan haar amper sien
Sy kyk terug, verlig, sy het my in haar wip
Met haar teenwoordigheid, stil
Bewys sy my wese, wys sy die spieël
Sy skep ’n begin, ek kies die einde, ek wil
Steeds is ek opsoek soek soek
Na keuses, antwoorde, waarheen en waar nou
Lei my na die werklikheid, ek hoor hulle daaglikse roep
Stip, bly ek in haar vas kyk kyk kyk
In ’n oomblik ontglip, agtergelaat in my weerkaatsing
Waar is sy, die weerlose kind, sy bly my ontwyk
Ek vind haar nie
O, die verganklikheid van die droom
Vir ewig verlore in my lang skadu
Kristen Fichardt se ‘Almal is vorms van kuns’
In die oë word alles gevind
Ek kan vlug deur om
kuns
in die oë te kyk
opsoek na die siel
die rede agter dié kuns se bestaan
ek redenaar met hierdie kuns se opinies
ons loop en balanseer op dieselfde tou
gespan van die begin tot einde
ons ontmoet dan in die middel
en uiteindelik-
met windvlae van ooreenkomste
wat in die lug hang tussen ons wesens-
kan ons famiie in ons gedagtes wees
en ons drink, lewe en oorleef
van dieselfde bloedrivier
wat deur ons are vlieg
ons is kuns.
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395