Dogters aan die Hoër Meisieskool Oranje se talente is nie net tot die sport-, kultuur- of akademie gebied beperk nie. Ook op die dansvloere het tien dogters gewys hulle kán skoffel.
Hulle het voorverlede naweek in Sun City op die International Dance Organisation (IDO) se Commonwealth Dance Cup in verskillende style soos show dance, hiphop, disko, modern, ballet en kontemporêr teen dansers van lande in die Statebond te staan gekom.
Die tien Oranje-dansers het verskeie top 4 plekke agter hulle naam geskryf.
Spesiale toekennings is aan Tashalene Fourie (beoordelaarskeuse vir duo) en Tashalene, Cara van der Bijl en Didi Nel (beoordelaarskeuse vir mees belowende groep) gedoen.

Die leerders wat top 4 plekke op die International Dance Organisation (IDO) se Commonwealth Dance Cup in Sun City vermag het, is van links, voor: Cara van der Bijl, Nadine Heys, Megan de la Ray en Tashalene Fourie; agter: Wilandri Bornman, Jeanique Groenewald, Ilana Steenkamp, Larisa Engelbrecht, Didi Nel en Sarietha Voster.