Ná ’n toespraak wat harte geroer, mense hoendervleis laat uitslaan het, sommige ‘n traan laat pik en ander eenvoudig weggeblaas het met haar gestroopte, opregte, treffende uit-die-hart-boodskap, is Magé Troskie op honderde, selfs duisende mense se lippe.
Magé, hoofdogter van die Hoër Meisieskool Oranje, het Vrydag op die skool se Nuwelingsfunksie die gr. 8’s toegespreek.
Sedert die video (http://bit.ly/magetoespraak) van haar toespraak van 4 min. en 39 sek. Sondagmiddag op Oranje se Facebookblad gelaai is, het 507 000 mense dit teen Donderdag om 12:00 reeds gekyk.
10 600 mense het dit gedeel en 1 100 mense het kommentaar daarop gelewer.
Een van Magé se nuwe bewonderaars, Chanteé King het Dinsdag haar kom ontmoet.
Chanteé, hoofdogter van Oranje Primêr, het vir haar ’n geskenkie gebring en ’n briefie waarin sy dankie sê vir die boodskap en dat sy dit in haar hart gaan saamdra.
Een van die kommentare op die video is van Adelene Nezar Smith. Sy skryf:
“Ek het hierdie video nou al seker 30 keer gekyk en slaan nogsteeds hoendervleis uit. Dis so mooi en iets wat ek wil hê my Gr 8 moet elke oggend van sy lewe luister en onthou hy is presies waar hy moet wees, dat die Here hom gemaak het met ‘n doel en natuurlik dat hy elke dag sy ken moet lig en sy lig moet ken! Die toespraak sal vir altyd by my bly.”
— Video’s van Magé het ’n klompie keer in die laaste jaar of wat op Oranje se Facebook verskyn. Hier is ’n paar van hulle:
– “Onthou om jou lig te skyn, laat die duisternis verdwyn”, sing Magé en matrieks 2021: https://www.facebook.com/562635253922892/videos/254769226131855
– Dankie vir die groei in 2020, sing Magé: https://www.facebook.com/562635253922892/videos/121257026388194
– Nuwejaarsboodskap deur Magé en onderhoofdogters:
– Magé sing oor die skooldinge wat sy tydens inperking mis: https://www.facebook.com/562635253922892/videos/276251583738004
– Magé sing haar selfgeskrewe afskeidsliedjie aan juf. Botha: https://www.facebook.com/562635253922892/videos/482454055677039
– Magé sing haar selfgeskrewe afskeidsliedjie aan Duitse onnie:

Chanteé King (links) en Magé Troskie