DRAMATIESE KUNS

Oranje was die eerste (en vir lank die enigste) skool in Suid-Afrika om drama as vak aan te bied.

Dramatiese kuns word as ‘n keusevak by Oranje aangebied en bied aan leerders die kans om holisties te ontwikkel. Drama ontwikkel nie slegs kreatiwiteit nie, maar ook die vermoë om persoonlik te groei en verskeie sosiale vaardighede aan te leer wat in enige vakgebied goed te pas kan kom.

Die kurrikulum strek oor verskeie gebiede van teater wat teoreties, sowel as prakties bestudeer word. Leerders word die geleentheid gegun om deel te neem aan verskeie praktiese projekte, insluitende:
– Nasionale Toneelkompetisie in samewerking met kykNET
– Reza de Wet-tienertoneelfees, aangebied deur Oranje in samewerking met die Vrystaat Kunstefees.
– ATKV-Tienertoneelkompetisie
– Logan-toneelfees in Fraserburg
– Montagu Jeug Kunstefees
– Kunswedstryde

In 2017 het vier leerders saam met mev. Retha Pool, drama-juffrou en me. Mariehetta Matthee, gewese skoolhoof, die World Festival of Puppetry in Charleville-Mezieres in Frankryk bygewoon.
Oranje se matrieks behaal sedert 2011 jaarliks ’n 100%-slaagsyfer in die vak en was eerste in die Motheo-streek in 2016 en 2017.

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495