DUITS

“Das Menschlichste, was wir haben, ist doch die Sprache.” – Theodor Fontane.
Oranje is een van slegs drie skole in die Vrystaat wat Duits tweede addisionele taal binne skoolure aanbied.
Dit word in gr. 8 en gr. 9 as verpligte vak aangebied en is van gr. 10 tot gr. 12 in die keusegroep saam met rekeningkunde, geografie en verbruikerstudie.
Die dogters geniet Duits oor die algemeen baie omdat dit ’n vak is wat baie verryking bied en totaal anders as die meeste ander vakke is. Die taalvaardighede wat geleer word, is luister, lees, praat, begrip en skryf.

Oranje het aansoek gedoen om die Deutsches Sprachdiplom (Duitse taaldiploma) bo en behalwe die matriekeksamen te doen, sodat ons dogters ’n internasionale kwalifikasie vir die taal kan hê. Die onderwysdepartement het dít in 2014 toegestaan. Dit beteken ons Duitsleerders doen sedert 2015 in Augustus die DSD-eksamen wat aan hulle die B1-sertifikaat kan gee. Indien hulle nie aan die vereiste voldoen nie, kry hulle die A2-sertifikaat.
Die DSD-program bied aan die skool groot voordele. Volgens hierdie program kan ons uit Duitsland ’n bykomende leerkrag kry om met die taalonderrig te help. Die eerste sodanige leerkrag, Kristin Göbel, het in Januarie 2017 by Oranje begin werk. Haar teenwoordigheid het van meet af aan ’n groot impak op die Duitsonderrig gehad.

Buiten die akademiese werk is daar heelwat Duitsaktiwiteite deur die jaar. In Mei hou ons jaarliks met Affies ’n inter waarby die Duitsleerders van die vier skole (Grey-kollege en Affies se seuns en meisies) bymekaarkom en by die gasskool van die jaar ’n begeleide toer met vasvrae in Duits hou, gesellig verkeer en heerlike Duitse versnaperinge geniet. In Augustus hou ons ’n Duitse aand, waar daar Duitse kos geëet, Duitse koeke gebak en Duitse tradisies nagevors word.

Sedert 2003 onderneem die Duitsleerkragte elke tweede jaar ’n toer Duitsland toe om die Duitsleerders aan die taal, land, mense en kultuur bloot te stel. Op hierdie toere doen die groep ’n uitruil by ’n skool, waar die dogters by gasgesinne uitgeplaas word en in die skool ’n voordrag oor Suid-Afrika doen.

Vakpersoneel:
Deutsch als Fremdsprache wird in Oranje in Klassen 8 und 9 als Pflichtfach unterrichtet. In den Klassen 10 bis 12 gibt es 2019 143 Mädchen, die DaF lernen. Die Begeisterung, eine Fremdsprache zu lernen hat in den letzten Jahren zugenommen. Ein Höhepunkt der letzten Jahren ist die Möglichkeit, mit der Schulgruppe Deutschland zu besuchen und einen Austausch zu machen.

Uitruilprogramme:

A. Sedert 2018 het Oranje ’n susterskool in Duitsland, wat aan ons leerders die geleentheid bied om op ’n uitruil soontoe te gaan en dan ’n gassussie daarvandaan hier te ontvang. Hierdie skool, Gymnasium Schloss Buldern, is in ’n kasteel naby Münster in die Noordweste van Duitsland. Dogters kan in gr. 10 aansoek doen om vir hierdie program gekeur te word. Hulle gaan van Oktober tot Januarie. Die termyn vir die gassussie om uit Duitsland te kom word nog vasgestel.

B. Die FSA (Freundeskreis Südafrika) (Vriendekring Suid-Afrika) bied ’n uitruilprogram met Duitsland aan, waarom skoliere vanaf 14-jarige ouderdom kan aansoek doen. Hulle keur kinders vir vier verskillende programme:

1) Die Julie- (somer) vakansieprogram, waarop hulle vir vier weke na ’n gasgesin in Duitsland kan gaan. (Dit is die drie weke van ons wintervakansie en een week van die derde kwartaal).

2) Die Desember- (winter) vakansieprogram, ook vier weke, wat in geheel in die Desembervakansie val.

3) Die seswekeprogram, slegs vir leerders in gr. 10 en gr. 11 wat Duits as vak neem. In hierdie program moet die kind in Duitsland skool toe gaan en daar aan die onderrig deelneem.

4) Die driemaandeprogram van Oktober tot Januarie, slegs vir leerders in gr. 10 en gr. 11 wat Duits as vak neem. In hierdie program moet die kind in Duitsland skool toe gaan en daar aan die onderrig deelneem.
Die webwerwe is www.fsa-youthexchange.co.za en www.fsa-youthexchange.com

Ons beskou hierdie programme as ’n wonderlike bate vir enige kind wat daarvoor kans sien en wie se ouers dit kan bekostig. Hulle leer nie net die taal nie, maar baie selfstandigheid en ander lewensvaardighede, wat slegs deur ervaring geleer kan word.
Saam met die moontlikheid van uitruil is die bied van gasgesinne deel van die program. Ons dogters baat baie daardeur om ’n Duitse kind vir ’n maand of drie te huisves. Dit is nie net vir haar ’n voordeel nie, maar ook vir haar maats. Ons skool is al baie verryk deur die uitruilsussies wat hiernatoe kom.
As jy deel van hierdie program wil wees, kontak gerus jou Duitse onnie.

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495