FISIESE WETENSKAP
Waar gaan jy fisiese wetenskap gebruik?
Die volgende studierigtings vereis fisiese wetenskap, of dit word aanbeveel:
– Enige mediese rigting, bv. arbeidsterapie, fisioterapie, radiologie, optometrie, ens.
– Ingenieurswese. Meganies, chemies, siviel ens.
– Argitektuur
– Wetenskaplike velde soos bv. biochemie, mikrobiologie ens.
– Fisiese wetenskap sal vir jou baie deure oopmaak.
Waarom moet jy fisiese wetenskap neem?
– Dit is uitdagend.
– Dit leer jou om analities te dink.
– Dit is ’n vaardigheidsvak.
– Dit berei jou voor vir enige wetenskaprigting.
– Die vakinhoud is interessant.
Die vak bestaan uit:
Fisika
– Newton se wette
– Elektrisiteit en magnetisme
– Meganika
– Golwe, klank en lig
– Elkeen van hierdie aspekte het verskeie onderafdelings wat verband hou met alledaagse, sowel as nie sulke alledaagse verskynsels.
Chemie
– Organiese chemie
– Anorganiese chemie
– Elektrochemie
– Chemiese stelsels
– Chemiese en fisiese verandering
– Dinamiese ewewig
– Elkeen van hierdie onderwerpe het ook verskeie interessante onderafdelings.
TRAC-laboratorium:
Oranje is een van drie skole in die Vrystaat wat oor ’n ten volle toegeruste TRAC®-laboratorium beskik.
Oranje het die grootste laboratorium in die Vrystaat wat meer geleentheid bied aan elke dogter om met die apparaat te werk.
Die TRAC®-laboratorium word ondersteun deur die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van die Vrystaat.
Fisika-eksperimente word gerekenariseerd uitgevoer wat aan elke leerder die geleentheid gee om die eksperiment onmiddellik te herhaal indien die data nie korrek sou wees nie, of sy dalk net nie tevrede is met die stel data nie.
Die apparaat bied aan elke dogter ’n voorsprong wanneer sy op tersiêre vlak daarmee te doen kry.
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395