MATRIEKUITSLAE

Oranje het ’n uitstekende akademiese rekord.
Die skool het in 2018 oudergewoonte onder die top 50 skole in die Vrystaat geëindig. Vyf leerders – Luané Spamer, Eamónn Scholtz, Celine Kotzé, Isabella le Roux en Dané Redpath – het onder die top 50 akademiese slimkoppe in die Vrystaat geëindig. Oranje se klas van 2018 het ’n klasgemiddeld van 69,7% behaal.
Oranje is aangewys as die voorste Vrystaatse wiskunde- en wetenskapskool, sowel as die beste provinsiale skool in die vakke Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal.
Die gr. 12’s se uitslae in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen die laaste vyf jaar lyk so:

Graad 12 2018 2017 2016 2015 2014
Aantal kandidate 150 142 134 155 117
Slaagsyfer 99.33% 100% 100% 100% 100%
Universiteitstoelating 92.61% 92% 92.1% 94.6% 87.6%
A-gemiddeldes 29 29 33 31 24
Vakonderskeidings 293 279 292 283 283