NATUURWETENSKAP

Baie mense wou nog altyd verstaan hoe die wêreld werk. Ons gebruik natuurwetenskap om die dinge wat om ons gebeur, te ondersoek. Natuurwetenskap poog om gr. 8- en gr. 9-leerders aan verskeie aspekte van die wetenskap bekend te stel.
Die leerders kry die geleentheid om verskillende wetenskaplike prosesse en tegnieke baas te raak om hulle sodoende vir lewens- en/of fisiese wetenskap voor te berei.
Natuurwetenskap in die senior fase bestaan uit vier kennisafdelings:
– Lewe en lewende dinge
– Materie en materiale
– Energie en verandering
– Planeet aarde en die ruimte
In die eerste kwartaal word die onderwerp lewe en lewende dinge behandel. Dit verbreed leerders se kennis oor plante, diere en die mens.
In die tweede kwartaal maak die leerders kennis met die onderwerp materie en materiale. In hierdie afdeling word veral gefokus op die periodieke tabel, atome en ook chemiese reaksies.
Die derde kwartaal word op energie en verandering gefokus – elektrisiteit is een van die hoofkomponente van hierdie afdeling.
In die vierde kwartaal word gepoog om die leerders se kennis oor die aarde en ruimte te verbreed.

 

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495