REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (RTT)
Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) is vanaf gr. 10 ‘n keusevak. Die vak het twee dele: teorie en prakties.
In die teorie-gedeelte word die rekenaar met al sy dele bestudeer en leer die leerders ook van rekenaarvirusse, rekenaarsekuriteit en foutopsporing. Die wetlike aspekte van rekenaars word ook bestudeer.
In prakties word al vier pakkette van Microsoft Office aangeleer, naamlik MS Word, MS Excel, MS Access en MS PowerPoint. Die internet en e-pos fasiliteite word ook bestudeer.
RTT is ‘n praktiese vak en daar word aanbeveel dat leerders wat hierdie vak neem, toegang tot ‘n rekenaar in die middae moet hê, aangesien huiswerk op die rekenaars gedoen moet word. Leerders kan in die middae in die rekenaarsentrum gaan werk wat Maandae tot Donderdae oop is. Gereelde oefening is noodsaaklik, anders kan daar nie vordering wees nie.
As deel van die vak word daar van leerders verwag om een groot taak per jaar te doen, naamlik die PAT (Praktiese Assesseringstaak). Hierin moet bewys gelewer word van alle vaardighede wat die leerders deur die jaar aangeleer het.
Rekenaarvaardigheid is ‘n noodsaaklikheid in vandag se samelewing en hierdie is ‘n geleentheid vir elke leerder om haarself voor te berei vir die lewe ná skool.
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395