SKAAK

Inleiding:
Skaak is ‘n goeie sport om jou denke en redenasievermoë uit te daag. By Oranje word skaak as ‘n spansport beoefen waar spanne van vier of ses teen die van ander skole meeding. Die  dogters het ook die geleentheid om deel te neem aan die interskoles.

Die top 4 spelers verteenwoordig ook die skool by die jaarlikse National All Girls’ Schools Festival. Individueel kan die spelers ook deelneem aan die Mangaung-streekstoernooie wat hulle in staat stel om vir die onderskeie Vrystaatspanne gekies te word. Hierdie spanne neem jaarliks in Januarie aan die SA skolekampioenskappe in Kaapstad deel.

Oranje se skaakspanne word deur mej. Anjie de Wet, ’n gewese Vrystaat- en Proteaspeler, afgerig.

Geriewe, oefentye en afrigters:
Oefentye (Klaskamer 16):
Dinsdae: 14:15 tot 15:30
Woensdae: 14:15 tot 15:30 (eerste en vierde kwartaal)
Donderdae: 14:15 tot 16:00

Onlangse prestasies:
2019: Ammoret Minnaar speel vir die Vrystaatse o.16-span wat aan die interprovinsiale kampioenskappe deelneem.
2018: Vier van Oranje se dogters verteenwoordig onderskeie Vrystaatspanne by die SA skolekampioenskappe.
2018: Die tweedespan is die ligawenners van die o.19C Bloemfontein-skoleliga.
2017: Vyf van Oranje se dogters verteenwoordig onderskeie Vrystaatspanne by die SA skolekampioenskappe.

Toernooie en ligas:
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, Interskole
Collegiate Girls’ High School, Interskole
Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
National All Girls’ Schools Festival
Interne toernooie vir ranglysposisies
Skaakliga by Grey-kollege (Woensdaemiddae in tweede en derde kwartaal)
Fichardtpark-sportdag

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495

© 2019 OranjeMeisies.co.za - All rights reserved. Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999