SOSIALE WETENSKAP

Slegs vir gr. 8 tot gr. 9.

Sosiale Wetenskap is ’n kombinasie van die twee vakke: geskiedenis en geografie.
Geskiedenis is die studie van verandering en ontwikkeling in die samelewing oor die tyd heen. Dit is om te leer hoe om op ’n gedissiplineerde manier oor die verlede en by implikasie die hede te dink.
Geografie is die studie van die menslike en fisiese omgewing. Dit help ons om die komplekse wêreld te verstaan. Temas wat ondersoek word, is die atmosfeer, landvorme, ekosisteme en die impak van die mens op die aarde.
Kaartvaardighede hou verband met die interpretasie van topografiese en ortofotokaarte.
Hierdie vak bied jou die geleentheid om jou kennis uit te brei, navorsing te doen en jou kreatiwiteit te ontwikkel in verdere studie in geografie in gr. 10 tot gr. 12.

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.