VERBRUIKERSTUDIE

Verbruikerstudie bied aan die dogter verskeie moontlikhede vir die toekoms.
Dit is ’n opwindende vak, waar daar groot klem geplaas word op die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede.
Onderwerpe wat in verbruikerstudie gedek word, sluit in:
– die verbruiker
– voedsel en voeding
– ontwerpbeginsels en -elemente
– tekstielvesels en tekstielstowwe
– kleding
– behuising
– entrepreneurskap.
Ons volg die voedselproduksie-baan. Dit is vir die dogters ’n groot lekkerte om hulle eie kos te maak.
Gedurende die eeste kwartaal woon die gr.11 leerders die Anchor Gis-kurses by waar hulle leer om basiese broodgeregte te maak. Die gr.10 tot gr.12 leerders skryf jaarliks in vir die Bloemskou se skolegebak-afdeling. Ons neem ook elke jaar twee gr.12 leerders na die All Girls Festival.
Verder wor daar jaaliks ‘n verbruikerstudie Olimpiade geskryf waaraan gr.12 leerders deelneem.

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.