Mia Olivier, ’n gr. 11-leerder aan Oranje, gaan in Junie vier weke in Duitsland deurbring.
Dit nadat sy onder die top 10 in Suid-Afrika geëindig het in verlede jaar se Duitse Olimpiade vir gr. 10’s wat Duits as vak neem. Die voorste 10 kandidate word deur die Duitse regering daarheen genooi en dek al die kostes.
Dit sal ’n samekoms van internasionale burgers wees met 89 ander lande se top 10 presteerders in die Olimpiade wat genooi word. Sowat 450 leerders uit 90 lande word genooi.
Mia gaan twee weke skoolgaan en die ander twee weke verskeie stede besoek waar jeug- en sportgebeurtenisse en teateropvoerings bygewoon sal word en museums, ’n universiteit en ander kulturele sentrums besoek sal word.

Mia Olivier

Mia Olivier