Miché Johns se 12de plek (ouderdomsgroep 15-16 jaar) en Michaela van Rooyen se 11de plek (13-14 jaar) was Oranje se beste presteerders op die Nasionale Opewaterswemkampioenskappe in Jeffreysbaai die naweek.

Oranje se vyf swemmers het die helfte van die Vrystaatspan uitgemaak.

Die 15-jarige Miché het die 3km in 00:41:59 voltooi. Daar was 36 swemmers in dié ouderdomsgroep.

Michaela (13) se tyd was 00:43:43. Daar was 29 swemmers in haar ouderdomsgroep.

Ook in die ouderdomsgroep 15-16 jaar was Cara van der Bijl (00:43:52) 20ste, Cara Smook (00:47:52) 33ste en Kayla Vorster (00:48:16) 34ste.

In die 5km vir vroue 14 jaar en ouer was Michaela (01:14:56) 41ste van die 54 deelnemers uit die water.

Miché was ’n lid van die Vrystaatse A-span wat in die aflos (4 x 1.25 km) derde geëindig het.