Kliek hier vir ‘n fotogalery van die interskole.

Dit was ’n baie gelykopstryd op die telbord in die naweek se jaarlikse interskole tussen die Hoër Meisieskole Oranje en Bloemhof in Stellenbosch.
Oranje het oudergewoonte sake op die hokkievelde oorheers, maar tweede viool op die netbalbane gespeel.
Die Bloemfonteiners se eerste hokkiespan het met 1-0 geseëvier. Van die tien hokkiewedstryde het Oranje vyf gewen, drie was gelykop en twee is verloor. Die o.16A-span, soos die o.19A’s nie-amptelik die land se beste span, het met 3-0 koning gekraai.
Op die netbalbaan was die skoen aan die ander voet. Bloemhof se eerste span was met 29-25 baas. Dit was die derde agtereenvolgende jaar wat die tuisspan dié kragmeting gewen het.
Uit die 23 netbalstryde was Bloemhof in 16 aan die wenkant, Oranje in 5 en 2 wedstryde het gelykop geëindig.
Bloemhof het bewys waarom hy as die voorste tennisskool vir meisies beskou word. Sy eerste span het ’n sterk aanslag van Oranje afgeweer om hom met 7-5 tot oorgawe te dwing. Die enkelspelwedstryde het 4-4 gelykop geëindig waarna Bloemhof die dubbels ná ‘n valbylpot met 3-1 verower het. Ook Bloemhof se o.19B- en o.15A-tennisspan het die botoon gevoer.
In die landloop was Bloemhof met 127 punte teenoor 83 triomfantlik.
Oranje se seniors debatvoerders het die boordelaars die meeste beïndruk Bloemhof het die junior-afdeling gewen. Die besoekers het in die tafeltennis die botoon met 12-8 gevoer. In die skaak Oranjeniete hulle teenstanders 5-4 uitoorlê.
Vir die eerste keer in die 23 jaar van die interskole, is vlugbal tot die program gevoeg wat deur die gasheerskool 2-1 gewen is.