‘n Aand om te beleef.
Dís hoe Donderdagaand se koorvertoning in Stellenbosch beskryf kan word wat die interskole-naweek amptelik van stapel laat loop het. Daar was ‘n totaal van ses uitstekende kore op die verhoog.
Die aand het met die Hoërskool Stellenberg se seunskoor begin, wat op ‘n moderne noot afgeskop het. Daarna het die twee laerskoolkore nader getree. Hulle het almal verbaas met hulle fenominale engelstemme. Bloemhof het volgende nader gestaan en hulle weereens uitstekend van hulle taak gekwyt.
Toe is dit Oranje se beurt. Dit was ‘n aand na aan elke koorlid se hart. Die koorkinders het hulle vreeslik baie geniet en was verby opgewonde om saam met al die uitstekende kore deel te neem.
Saam met die soet was daar tog ’n tikkie bitter. Die uitstekende opvoering was ook die matrieks se laaste formele optrede en hulle het beslis op ‘n hoë noot afgesluit.
Die aand het geëindig met die wêreldkampioen, Stellenberg se meisieskoor, se optrede. Hulle het almal bekoor met hulle klank en lewendige optrede.
Dit was beslis ‘n aand om in jou hartskamer te bewaar.

Die matrieklede van Oranje se koor wat die naweek hulle laaste formele optrede op die interskole in Stellenbosch gehad het.