Nege leerders aan die Hoër Meisieskool Oranje is vir die Vrystaatse lewensreddingspan gekies.
Sulinke van den Berg, Guilma Lausberg, Chloe Cilliers, Anri Nel, Chloë le Roux, Lara Delport, Miché Johns, Mia le Roux en Mia van der Mescht sal van 19 tot 25 Maart op die Nasionale Lewensreddingkampioenskappe in Port Elizabeth in aksie wees. Die Vrystaatse span bestaan uit 29 lede.
Dis ’n vyfde agtereenvolgende jaar wat Sulinke die span haal en ’n vierde keer vir Guilma, Miché en Chloë.
Die kompetisie gaan as proewe dien vir moontlike insluiting in die nasionale span na die Wêreldkampioenskappe later vanjaar en Wêreldspele in 2021.
Sulinke het Suid-Afrika verlede jaar in Engeland verteenwoordig en Guilma en Chloë gaan in Mei na Spanje vir internasionale deelname.

Die nege Oranjeniete wat hulle provinsiale kleure in lewensredding verwerf het, is van links, voor: Lara Delport, Guilma Lausberg, Mia van der Mescht en Miché Johns; agter: Anri Nel, Chloe Cilliers, Sulinke van den Berg en Mia le Roux. Afwesig: Chloë le Roux.