Die gewildheid van netbal by Oranje blyk die hoogte in geskiet het.
’n Ongekende 27 spanne, drie meer as in 2019, is vanjaar saamgestel.

Die skool beskik oor ’n o.14G- en o.15G-span. Dít kan moontlik ’n eerste vir Oranje wees. Tussen 2000 en 2010 was daar dikwels net vier spanne in hierdie ouderdomsgroepe waarna dit tot vyf en ses begin toeneem het.
Bianca Pienaar, wat in 2018 en 2019 die doelskieter van die eerste span was, sal die G-span afrig.

Die talent onder die o.14’s beloop boonop besonders te wees met al die lede van Oranje Primêr se o.13A-span van verlede jaar nou hier. Oranje se o.13’s was amptelik die land se derde beste span. Juf. Karlien Janse van Vuuren sal die A- en B-spanne onder hande neem. Sy het verlede jaar as breier van die o.17A’s ’n tiende plek op die Suid-Afrikaanse kampioenskap vermag.

Die netbalentoesiasme kan heel moontlik toegeskryf word aan 2019 se welslae. Die o.19A, o.17A, o.16A en o.14A (die meeste ooit in een jaar) was almal die Vrystaatse kampioene en het op die Suid-Afrikaanse kampioenskap onderskeidelik 13de, 10de, 10de en 2de geëindig. Dertien van die die skool se spanne was die Motheo-kampioen.

Die eerste skote van die netbalseisoen klap vandag wanneer Oranje sy eerste aandreeks aanbied. Nege OMS-spanne sal in aksie wees.

Oranje sal soos in 2016 en 2017 (Maryka Holtzhausen) weer ’n Proteaspeler in sy afrigtingsgeledere hê. Lefébre Rademan, wat die o.15A- en B-span sal brei, het in Oktober haar Protea-buiging gemaak en haar sedertdien in dié span as hulpdoel gevestig. Heel ironies het sy Maryka, wat uitgetree het, se plek in die Proteaspan ingeneem.
Sne Mdletshe (o.18B en o.18C se afrigter) was in 2019 die kaptein van die Suid-Afrikaanse o.21-span. Sy en Lefébre sal dus baie kennis hê om oor te dra.

Die netbalafrigters vir 2020 is:
o.18A: Retha Erasmus
o.18B en C: Sne Mdletshe
o.18D en E: Christine Hugo
o.18F: Lida Ezendam
o.17A en B: Surita le Roux
o.16A en B: Alta Roodt
o.16C en D: Lise-Mari Otto
o.16E: Theana Jacobs
o.15A en B: Corné Marais
o.15C en D: Lefébre Rademan
o.15E en F: Johanette Jacobs
o.15G: Theana Jacobs
o.14A en B: Karlien Janse van Vuuren
o.14C en D: Azille Nel
o.14E en F: Corine de Vries
o.14G: Bianca Pienaar

Oranje Primêr se o.13A-span van verlede jaar wat derde nasionaal geëindig het. Al dié spanlede is vanjaar by Oranje Sekondêr se o.14’s. Van links, voor is Amy Fröhlich, Mari Nortjé, Anja le Grange en juf. Marida Myburgh (afrigter); agter: juf. Margarete Swart (spanbestuurder), Nicola Styger, Mia van der Mescht, Jana Dreyer, Cara Smith en Carlé Stockenström.