Die 13-jarige Donna le Roux bevind haarself in die nr. 1-posisie op Tennis Suid-Afrika se ranglys vir o.14-spelers.
Sy het vroeër vandeesmaand die eerste keer tot nr. 1 gevorder. Dis die eerste keer in onlangse jare dat ’n Oranje-leerder haarself boaan ’n nasionale ranglys bevind.
Donna was vroeër in haar loopbaan die land se voorste speler in haar ouderdomsgroep toe sy in 2016 en 2017 die Junior Nasionale-titel vir o.10’s verower het.
Sy was in 2019 in die Suid-Afrikaanse o.12-span wat in Morokko in die Afrika Junior-kampioenskap meegeding het.
Van haar onlangse suksesse was die verowering van die Kaapstad Growthpoint Super8-kroon in Desember. Sy het in die enkelspel en dubbelspel geseëvier.
Sy was ook die kampioen by die KM Sport Premier Challenge in Oos-Londen en twee Vrystaat Mini-toernooie.
Ook in die SA o.14-ranglys se top 20 is Ansoné Theron in die 18de posisie.
Liné Greyling is 7de op die o.18-ranglys en Cayline le Grange 12de.

Donna le Roux