Oranje se o.18B- en o.16A-span het in die o.19A-afdeling van die Elsie Coetzer-hokkietoernooi gespeel. Albei spanne het na die eindstryd deurgedring waarin die o.16A-span die stryd met 3-1 gewen het.
Die o.14A’s het in die o.16-afdeling gespeel en ook na die eindstryd deurgedring, maar teen die Hoërskool Hugenoot verloor. Mia Prinsloo (o.14A) is as die beste speler in die o.16-afdeling aangewys.
In die o.19-afdeling is Matile Prinsloo as die beste speler aangewys. Johanca Burger was die voorste voorspeler en Naudene Prinsloo die beste verdediger. Gys van Schalkwyk (o.16’s se afrigter) is as die toernooi se beste afrigter gekroon.

Oranje se o.16A- en o.19B-span wat die Elsie Coetzer-toernooi deelgeneem het.