Die bespresterende skool in die Vrystaat in 9 vakke, waaronder Wiskunde en al 4 taalvakke wat Oranje aanbied.
Oranje se matrieks van 2020 het vir nóg spognuus gesorg met dié info oor die skole wat die beste in vakke in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gevaar het.
Oranje het die beste presteer (vir skole waar 10 of meer leerders die vak geneem het) in:
* Afrikaans Huistaal (gemiddeld 72.6%)
* Drama (75.6%)
* Duits (79.9%)
* Engels 1ste Addisionele Taal (75.3%)
* Engels Huistaal (75.3%)
* Kuns (78.2%)
* LO (88.9%)
* RTT (69.0%)
* Wiskunde (73.2%)
Dit was die eerste jaar wat Oranje se matrieks Engels Huistaal geskryf het.
Oranje het 2de in die provinsie geëindig in Verbruikerstudie en 3de in Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde en Musiek (min skole, waaronder OMS, het meer as 10 leerders in dié vak gehad).
In die Motheo-distrik het Oranje nege 1ste plekke, vier 2de plekke en twee 3de plekke behaal.