Klik hier vir ‘n fotogalery.
Kyk hier na videogrepe.
Kyk hier na ‘n video opgedra aan die matrieks.
Die Hoër Meisieskool Oranje het verlede week van sy matriekklas van 2019, wat ’n groot nalatenskap by die skool gelaat het, afskeid geneem. Die matrieks het bygedra tot drie eerstes vir die skool.
Oranje het sy heel eerste musiekblyspel, Annie, aangebied waarvan die meerderheid hoofrolle deur matrieks gespeel is. Die naamrol was deur die matrikulant Anneri Bisschoff vertolk.
Ook in 2019 het Oranje se eerste netbalspan geskiedenis gemaak deur die eerste keer sedert die ontstaan van die kompetisie in 1984 as Vrystaat-kampioen gekroon te word. Die meeste van die spanlede het uit matrieks bestaan. Hulle was Surené Fourie (kaptein), Enid Bezuidenhout, Minke Krüger, Bianca Pienaar en Lise Bezuidenhoudt.
Dan het skool vier finaliste tot Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat se Matrikulant van die Jaarkompetisie gelewer. Dit was die meeste finaliste nóg deur ’n skool in die kompetisie wat sedert 1981 aangebied word. Die viertal was Monique Davidson, Mia Moolman, Mandie de Wet en Deanri Snyman. ’n Vyfde Oranjeniet, die onderhoofmeisie Bianca van der Vyver, was ’n semi-finalis.
Verder was die matrieks Amori Roos (kaptein), Mandie, Jané Britz en Elney Botha lede van die eerste hokkiespan wat eerste op die skoleranglys in Suid-Afrika geëindig het.
Kiara Rademan was deel van die skool se toneelstuk Tyd.Saam wat as wenproduksie op die streekfees van die ATKV-tienertoneel aangewys is waar Oranje ’n rekord-aantal sertifikate ingeoes het.

Die trane het geloop toe die Hoër Meisieskool Oranje se matriekklas van 2019 afskeid moes neem.

Die Hoër Meisieskool Oranje se koor groet verlede Dinsdag sy matrieks in die Klipkerk met die lied ‘Neem my in U beskerming’.