Oranje se tweede tennisspan is ’n tweede agtereenvolgende jaar die wenners van die Tjaart Vorster-tennistoernooi. Die toernooi tussen nege spanne is Vrydag en Saterdag (22/02) in Cradock beslis.

Oranje was onoorwonne en het in die eindstryd gemaklik met Curro Durbanville met 17-1 (17 stelle teenoor een) klaargespeel sonder dat dit nodig was vir die dubbelspelwedstryde om gespeel te word.

Op pad na die eindstryd het Oranje vir Voortrekker Hoërskool (20-7), Hoërskool Pearson (25-2) en Curro Durbanville (18-9) geklop. Die wedstryd teen Clarendon High School for Girls is met die telling op 5-0 weens reën beëindig.

Die 13-jarige Nina Schimper, wat verlede jaar vir die Suid-Afrikaanse laerskolespan gespeel het, het drie van haar vier wedstryde in skoon stelle en met 6-0, 6-0 gewen.

Oranje se tweede tennisspan is van links Nina Schimper, Jana Rheeder, Anzél van Zyl, Lienke Ferreira, Carla Scholtz, Lezaan Swanepoel en Chaneke Kock.